Jy kort `n hart om een te wen
Waar kom hierdie harteloosheid vandaan?
Ouens los hulle meisies vir oppervlakkige redes. Hulle sê hulle is lief vir hulle, maar weet hulle hoe om liefde te spel? Meisies vat ouens se vertroue en trap daarop met hulle 13 inch hoë hakke. Hulle sê die ouens is almal dieselfde en dat daar in elk geval pyn sou kom. Ouens het kompitisies oor wie eerste die girl gaan vry. Wie haar die vinningste kan mislei. Meisies kyk hoe lank hulle ouens kan verlei. Daarna is dit hulle mission om hulle te vermy.
Hierdie is nie iets wat onlangs eers in die mode is nie, hierdie is die eeu oue kuns van "jag".
Francois van Coke sing in sy lied “Hulle sê” die volgende woorde: “Maar hulle weet nie dat dit ons jags maak om mekaar te toets nie.”Hy sing oor al die dinge wat “die mense” sê. Die “Hulle” waarvoor ons so lief is om aan te haal. Hierdie is kras woorde wat Van Coke gebruik vir sommige mense, maar dis belangrik om die waarheid te hoor en te luister na die hart van meeste jong volwasse kuiergatte. Die hormone word behoorlik wakker gemaak om uit te gaan in die dorp en net die waters te toets. Met ander woorde met mekaar se hart snare te speel en te kyk tot watter mate hulle kan uithou voor hulle snap nie.
Die hart is weg.
Dit gaan oor quick fixes en Mc Donalds.
Ons wil gaan sit by `n bar en `n meisie bestel by die een venster, haar betaal (in drank of leuens) by die volgende venster en haar in ons kar laai by die laaste venster. Die lëe harte wat so lig in die broek is van die jong mense vandag (ek inkluis) het vergeet hoe diepte lyk. En indien daar sommiges is wat gelukkig genoeg is om `n “diep een” te vind dan weet ons nie meer hoe om met hulle te wees nie, want ons is nie gewoont daaraan om met sulke diepte te werk nie. Ons weet nie wat ons soek nie. Met soveel keuses sou mens dink dat daar vryheid sou kom. En as ons dit het dan weet ons nie wat om daarmee te doen nie.
`n Mens kort `n hart om een te wen wat hart het. Jy kort `n hart om een te wen.
Ons moenie onsself bluf en dink dat mense Stones toe gaan om hulle trou vrou daar te ontmoet nie (alhoewel ek al gehoor het van fantastiese paartjies wat mekaar raak gesien het oor `n kamer vol rook, drank asems en dans pale met `n kougom teen hulle sole). Die jong mense gaan uit omdat hulle glo hulle gaan daar `n sprookies verhaal oomblik hê net om die volgende oggend weereens langs `n vreemde mens wakker te word en te hoop hulle raai hulle naam reg. Sally? Sylvia? ...Sanette. Willem? Wouter?...Wilhelm. Met `n stoute glimlag daarby met die hoop hulle raai reg en `n vinnige verwysing na die “lekker” aand.
Die maan laat my dink aan jou gesig, dis `n refleksie van God se lig
Hier sit ek alweer alleen in my bed en kontempleer. Die lines wat ek gooi begin al ryk soos verouderde leer.
Dis lekker aan die begin want dan ryk dit vars. Na `n paar jaar dan raak dit vlou, uitgemergel en als uitgepars.
Die maan laat my dink aan jou gesig, dis `n refleksie van God se lig.
Hoeveel keer moet ek uitgaan en kuier voor ek my vrou ontmoet. Ek doen alles reg wat ek moet ek gaan kerk toe, werk hard en dink selfs eks soet.
Ek weet nie meer of jy die een is vir my nie. Moenie my as ek jou weer sien vermy nie. Moet net nie dink jy gaan my weer vat vir `n Spin en `n vry nie.
Ek sal enige iets doen om daai persoon te wen. Wat’s jou naam nou weer? Pieter, Jan of Ben?
Die maan laat my dink aan jou gesig, dis `n refleksie van God se lig.
Ons soek vir die diepte van hart, maar ons is nog nie bereid om self diep te raak van hart nie. Ons sê ons is diep. Maar hoe lyk diepte in `n vlak dam?
Geïnspireer deur Loucharl (Charlotte Louise) Marais.